Jagpakket Lootjies
R100,00
NEEM KENNIS: Jy kan ongelukkig nie meer aanlyn lootjies koop nie. Kontak ons asseblief direk op vicwesbookings@gmail.com indien jy nog wil koop.
Pakket 1, 2 en 3 sluit 2 nagte selfsorg akkommodasie en dagfooie vir 1 dag vir 4 persone in.
Pakket 4 is nie ‘n jagpakkette nie – verwerkte vleis word voorsien. Pakket 5 kan gebruik word enige tyd buite 10 Desember 2026 en 10 Januarie 2027. Geldig tot einde April 2027.
Trekking geskied Saterdag, 27 Junie 2026 by Victoria-Wes Wildsfees.
Pakkette is geldig vir 3 maande na trekking en die pakkette is nie oordraagbaar nie.
Alle fondse gaan na die KVB Gemeenskapsfonds Trust wat verdienstelike, behoeftige organisasies in Victoria-Wes bystaan.
Pakket 1:
- 1 x Kudu
- 4 x Springbokke
- 1 x Slagskaap
Pakket 2:
- 2 x Blesbokke
- 4 x Springbokke
- 1 x Slagskaap
Pakket 3:
- 1 x Ribbok
- 3 x Springbokke
- 1 x Slagskaap
Pakket 4:
- 5 x Springbokke se Biltong en Droëwors
Pakket 5:
- 2 x 4-persoon Kamp staanplekke vir 5 nagte by Gouritsmond Kampterrein
