ONS STORIE

Victoria-Wes Wildsfees is ‘n unieke fondsinsameling-projek deur die gemeenskap vir die gemeenskap.  Die wildsfees fonds word bestuur deur die KVB Gemeenskapsfonds Trust, wat grootliks ondersteuning bied aan ons plaaslike ouetehuis, Huis Frieda Kempen, asook ons plaaslike privaat laerskool, Elior Akademie.

Die fees het sy oorsprong in die tagtiger jare gehad, en na verskeie suksesvolle feeste aangebied is, het die projek in 1999 sy laaste fees aangebied.  Gelukkig het ‘n handjievol positiewe inwoners die konsep afgestof in 2015 en ten spyte van die Covid19-inperkings, sowel as die knellende droogte wat ons distrik beleef het, dit  intussen  weer laat herleef en selfs laat groei tot ‘n “Moet-nie-misloop” gebeurtenis op die jaarlikse kalender. 

Fondse wat deur die Victoria-Wes Wildsfees ingesamel, word aangewend vir die doeltreffende bestuur van ons plaaslike ouetehuis, Huis Frieda Kempen, asook  ons  plaaslike privaat laerskool, Elior Akademie.  Fondse word ook bewillig aan onafhanklike verdienstelike organisasies wat op verskeie maniere die gemeenskap van Victoria-Wes dien.

Elior Akademie

Huis Frieda Kempen

Die fees bring jaarliks ‘n groot aantal besoekers aan ons gemeenskap, wat ‘n ongelooflike bydrae deur middel van Toerisme lewer en help om die ekonomie van die area te diversifiseer, en sodoende addisionele werksgeleenthede deur die jaar help skep.

Die Victoria-Wes Wildsfees is uiters gewild en toon elke jaar nuwe groei, wat ons toeskryf aan die feit dat ons poog om dit vars en innoverend aan te bied.  As ‘n gemeenskapsprojek, lê Victoria-Wes Wildsfees die besigheids- & boerdery gemeenskap van Victoria-Wes baie na aan die hart.

Ons wil u hartlik uitnooi om die datum van 23 & 24 Junie 2023 op u kalender aan te teken.

Bring u vriende en familie en kom kuier saam met die Karoo en sy mense.  Hier word daar gelag,  gesels en gedans  tot in die vroee oggendure.  Moet dit nie misloop nie!

MAAK ‘N DONASIE

Wil jy graag ‘n verskil maak in ons gemeenskap deur ‘n bydra te maak tot die gemeenskapsfonds?

Kliek hier onder om ‘n skenking te maak.